Stampe En Stote
Ek besef dat ek nie juis baie aandag gegee aan hierdie blog die afgelope paar maande nie. Kom ek begin daar. Ek kan wel sê dat dit nogsteeds goed gaan met my en dit het vir die afgelope paar maande sedert ek laas oor my rol as bruidsmeisie geskryf het. Ten spyte van die stampe en stote wat die lewe ook oor my pad gebring het, word ek elke oggend met ‘n glimlag op my gesig wakker met die wete dat maak nie saak wat hierdie dag bring nie, dat ek dit ‘n goeie dag kan maak en dankbaar kan wees dat ek nog ‘n dag beleef het. Want daar is mense daarbuite wat hul laaste asem uitblaas.
Ek het ‘n paar dinge oorleef, maar as jy dinge soos met beurtkrag moet deurmaak het jy geen ander keuse as om te probeer oorleef nie. Jy moet ongelukkig aan maniere dink om te beplan om beurtkrag en as dit so is, kan jy jou ogies toemaak en ‘n migraine afslaap tydens beurtkrag op ‘n Vrydagaand, want ‘n halfuur van uiltjie knip het twee ure vir my geword een aand.
O ja, voordat ek heeltemaal vergeet en dit is waaroor ek graag wil skryf, het mense se menings oor my gehad op Netwerk24 se Facebook blad toe ek ‘n baie sterk en waardevolle opinie nie vir myself gehou het nie. Ek moet erken dat ek geen berou het oor daardie waardevolle mening nie, maar as jy lees dat jy ‘n “werf etter” en ‘n “lezzie” is wat deur ‘n ene boetie rheede van Mpumulanga gesê is, dan dink jy ook dat hierdie mening geensins ‘n refleksie is op jou, maar eerder ‘n fucked up refleksie is van alle boetie rheede’s wat onder daardie indruk is dat hulle jou ken, maar toe nie.
Soos ek sê, ek het in daardie twee dae dinge van myself gelees wat ek nooit gedink ek sal lees nie. Dit was nie mooi dinge nie. Baie onwaar. Daar was ook baie oordeel van mense gewees wat hulself voorgehou het as Christene. Kom ek stel dit so. Die menings was glad nie ‘n refleksie van mense wat prekies afsteek oor hoe jy jou lewe moet leef en met Bybels onder die arms loop nie. Maar op die ou van twee dag met ‘n groot migraine gesit, het dit geensins die rigting verander waartoe ek oppad was nie in daardie tyd nie, en waartoe ek nogsteeds oppad is nie. Dit het my net meer dankbaar laat voel dat sulke mense my net wys wie presies ek nie moet wees vandag nie.
Ek kan net by standpunte bly wat na aan my hart is, my middelvinger vir diè wys wat dink hulle ken my baie goed en hul stinkende opinies en vrot maniere op my probeer afsmeer en voortgaan om te glimlag en my kop omhoog te hou op wie ek werklik is. Vandag.
Ek het wel onlangs Never Been Kissed op Disney Plus gekyk. Die hoofkarakter, wat gespeel was deur Drew Barrymore, is ‘n joernalis by die Chicago Sun Times. Sy skryf haarself as ‘n student by ‘n Hoërskool in en doen berigte oor die lewe in ‘n hoërskool en wat hoe presies die kultuur is daar.
Hierdie spesifieke rolprent was in 1999 vrygestel, toe ek myself ‘n 17-jarige tiener was met die droom om deur hoërskool te kom en dat ek daartoe instaat kan wees om groot lewensbesluite te kan neem. Ek het eers sowat ‘n jaar of twee later, hierdie rolprent vir die eerste keer gesien en dit baie geniet.
Dit was daardie tyd toe ek nog jonk en naïef was en ‘n dinge geglo wat nie eintlik so waar kan wees nie. Ek is vandag om eerlikwaar nie ‘n groot aanhanger van romantiese komedies nie, maar sal dit geniet wanneer ek net will beter wil voel dat hoofkarakters van hierdie soppy genres meestal met die storielyne alleen deur die lewe gaan totdat daardie ridder op ‘n witperd opdaag. Net sulke nonsens kan uitgedink word deur Hollywood skrywers en net groot dromers kan hierdie soetsappigheid opeet vir soetkoek. So ek was self nie seker wat my besiel het om hierdie rolprent weer te kyk in die eerste plek nie, maar dit het ‘n sterk boodskap so na aan die einde van die rolprent gehad.
Dit was maak nie saak hoe jy was in die hoërskool nie, gaan dit geensins saakmaak as jy die lewe van volwassenheid betree nie. Dit is waar. Ek was nie eintlik baie gewild in die hoërskool nie. Dit het my gepas want die aandag was nie gedurig op my gevestig nie en ek was darem nie die toppunt van bespreking nie. En vandag maak dit vir my nie saak nie. Wat vir my saakmaak is wie ek vandag is en hoe hard ek werk om my doele in die lewe te bereik. Wat vir my saakmaak is hoe ek is met mense sonder om enige iets terug te verwag.
Daardie opinies wat mense oor jou gehad het tydens jou storm en drang jare, gaan nie meer ‘n refleksie wees oor wie jy is as mens vandag nie. Jou lewe verander so baie van tyd tot tyd, jy groei en ontwikkel ‘n karakter wat jou sterker maak, soveel so dat jy as ‘n nuwe mens uitstap as iets gebeur wat jou lewe handomkeer verander. Dit is wat saak maak vandag. Die hede en wie jy is.
Ek is somtyds net een van daardie mense wat heeltyd sal wonder wat mense van my dink. Dit kom van hoërskool af waar ek die bleeksiel was. ‘n Stil en baie skaam bleeksiel wat opgesien het om voor ‘n klas te staan en mondeling te doen oor onderwerpe wat nie vir my saak maak vandag nie. In daardie tyd waar ek gewens het die aarde sluk my in, is iets waaroor ek ook kan lag jare later. Want erger dinge kon in daardie tyd ook gebeur het, maar dit het nie. Dit was ook 20 jaar gelede en dit is iets wat ek wel hier noem, maar ook begrawe het lank, lank gelede. Maar as ek nou daaroor dink, sal ek lag.
Ek moet erken hier dat boetie rheede se neerhalende opmerking my baie diep seergemaak het en my laat dink het dat hierdie ‘man’ soos ‘n wafferse hoërskool boelie tekere gegaan het om my as vrou af te breek en my waardigheid probeer breek het, maar ongelukkig vir hom tob ek nie meer oor hom en sy gebrek aan menslike respek nie. Ek het in daardie tyd myself vertroos dat sy woorde, nie ‘n refleksie is van my nie, maar eerder van hom. Soos met die res van my in daardie tyd geteister en afgekraak het op Netwerk24, was dit darem nie ‘n refleksie op my nie. Wat gebeur het, was nie meer hoërskool nie, maar dit het so gevoel as ek so daaraan dink. Dat mense soos tieners wat boelie optree om beter oor hulself te voel.
Ek kan sonder daardie stampe en stote die boetie rheede’s van die wêreld bloke n met ‘n glimlag voortgaan met my lewe. Dit is iets wat ek wel doen deesdae. Want mense se afbrekende menings oor my is net wat dit is op die ou einde van die dag. Mense gaan dit doen. Menings oor my hê sonder dat hulle my ken. Maar dit is beslis nie ‘n refleksie wie ek vandag is nie. Want daardie mense het my nie werklik geken nie en hoe trots ek was om ‘n baie sterk standpunt in te neem oor kwessies na aan my hart nie. Ek het wel in daardie tyd baie broos gevoel, maar ek was sterker na die tyd. En trots op myself gewees dat ek ‘n storm afgeweer het. Dit is al wat saak maak vir my vandag.

Vrese
Almal het dit. Hul grootste vrees. Meeste mense het dit al gedeel. Ander hou dit vir hulself. Mense kom vreesloos voor en hoop dat niemand sal agter kom hoe bang hulle soms voel nie.
My grootste vrees het amper onlangs gebeur. Met genade was dit nie so nie. En dit is om mense na aan my te verloor. Dit voel ook soos gister vir my toe ek my foon optel een Sondagoggend en sien dat iemand wat ek ken nie meer met ons is nie. Ek is bang dit gebeur weer.
Dit is ons almal se vrees. Dit kan geensins vermy word nie. Dit is hoekom dit altyd belangrik is om die mense om ons te waardeer en vir hulle te sê dat jy lief is vir hulle. Veral die tyd van die jaar. Maar ook elke dag. Want geen mens weet wat die volgende dag kan bring nie.

Maak Jouself Gelukkig
Die vraag is altyd hoekom so hard probeer om mense tevrede te hou ten koste van jouself. Mense doen dit om maar die vrede te bewaar vir hulself…en vir die mense wie hulle voel moet tevrede stel.
Ek was ook altyd maar so sonder dat ek dit besef het. Ek het met daardie gevoel gesit om mense tevrede te stel ten koste van myself. Ek het myself uitgeput om dit te doen wat ook tot grootskaalse angstigheid gelei het. Want die vrese van hoe mense sou reageer op my moeite en dat dit sou negatief wees was altyd in my gedagtes gewees. Ek kon dit nie skud nie.
Die gevolg hiervan was dat ek waardeloos gevoel het. Ek het gevoel dat niks wat ek doen ooit reg was nie. Dit was so erg dat ek net opgegee het en na oplossings gesoek het waar ek nie so waardeloos gevoel het nie.
Moet nooit jouself ooreis om mense tevrede te stel nie. Jy is maar net ‘n mens en jy kan ook net soveel doen. Die regte mense sal lief wees vir jou ongeag wat. Probeer jou bes met elke liewe uitdaging wat jy aanpak. Want jy is goed genoeg.

19 Minute
Hierdie boek het ek gekoop in 2009 wat gegaan het oor afknourigheid en teistering van tieners, wat tragiese nagevolge ingehou het vir 'n skool in Amerika. Hierdie boek spook vir baie jare by my weens die feit dat dit baie realisties geskryf is.
Want daar is vandag baie stories van tieners wat afgeknou en geboelie word deur hul klasmaats, totdat hulle geen ander uitweg sien nie.
Tieners wat hulself daaraan skuldig maak dat hulle ander boelie dink om dit te doen, sal hulle aanvaarbaar maak vir populêriteit, maar dit het 'n heel ander uitwerking wanneer dit by mense kom wat dink om te boelie is geensins aanvaarbaar is nie.
Om te teister en te boelie gaan jou daardie valse indruk gee dat jy die respek het van mense. Dit is geensins aanvaarbaar nie. Dit is traumaties vir die slagoffers van teistering. So dink weer as jy mense afknou. Want om hulle so seer te maak maak jou ongewild onder baie mense. Dit geld ook vir volwassenes wat hulself skuldig maak daaraan.
#stopcyberbullying #stopbullying

Hou Aan Veg
Dit het tot meer onlangs gebeur waar ek op sosiale media gelees het van mense wat 'n bejaarde paartjie sleggesê en geteiken het. Emosies was in daardie stadium baie hoog gewees en simpatie baie min, soveel so dat daardie paartjie se trauma en seerky op vertrap was en as niks uitgemaak was nie. Dit als, om iemand bekend in Suid-Afrika te ondersteun.
Emosies het by my ook hooggeloop en met die afgryslike kommentaar wat ek gelees het, kon ek nie stilbly nie. As ek so iets sien, dan voel ek sterk om op te staan vir weerlose mense, en hulle te verdedig. Want as ek stilgebly het en toegekyk het dat dit gebeur, dan was ek net so skuldig soos die boelies self wat hierdie paartjie uitmekaar geskeur het op sosiale media.
Staan op en baklei teen hierdie soort teistering en die skynheiligheid van boelies wat hulle voorgee as Christine. Moenie stilbly en kyk hoe onskuldige mense se karakter op vertrap word nie, want dan is jy deel van die probleem. Word deel van die oplossing.

Indivualiteit
Internasionale Vrouedag is vandag regoor die wêreld. Vir my beteken dit om my eie mens te wees sonder dat ek dit toelaat dat ander mense my voorskryf oor hoe ek moet dink en hoe om my lewe te leef. Daar was al een of miskien twee mense wat probeer het, maar ek het sterk gestaan daarteen.
Elke vrou het daardie reg om hul individualiteit te vier en nie skaam te wees daaroor nie. Ons moet nie toelaat dat mense ons voorsê hoe om te dink en hoe om ons lewens te leef nie. Ons almal het 'n reg op vryheid en keuses. En onsself te wees sonder dat ons hoef verskonings daarvoor te vra.
Leef jou lewe en moenie verskoning vra oor wie jy is as vrou vandag nie. Vier jou individualiteit en wees trots daarop. Moenie skaam wees oor wie jy is as mens vandag nie.

Die Lewe begin op 40
Ek het onlangs my 40ste verjaarsdag gevier en mense het my gevra hoe dit is om 40 te wees. Dit was soos om ‘n mylpaal te bereik op ‘n manier. En soos hulle sê die lewe begin op veertig.
‘n Deel van my wonder wat het van die jare geword. Die eerste foto is geneem by ‘n familielid se huis so om en by 20 jaar gelede. My hele toekoms het voor my gelê, maar ek het gewonder wat dit vir my als inhou.
Na ‘n paar uitdagende jare nou agter my, kan ek sê dat die lewe begin op 40. Dinge is nie altyd perfek nie, maar vir die eerste keer kan ek na dinge uitsien wat die lewe bring. Hoe dit is om 40 te wees? Wel, ek lewe op hoop en ek sien kans om die lewe weer aan te gryp en ten volle te geniet.

Leef jou Lewe
Die lewe is nie maklik nie. Die lewe is hard. Mense is gespanne. Mense stres. Mense ly. Ek was al deur baie moeilike tye gewees wat my laat baie kere wonder hoekom swaar tye en hartseer met my moes gebeur. Ons almal het.
Ek, na als waardeur ek was, kon bitter gewees het. Ek kon met bitterheid deur die lewe gestap het en nie besef het dat daardie negatiewe emosie my terughou om gelukkig te wees nie. Dit kon ek gewees het amper 20 jaar gelede en dit kon ek gewees het amper 2 jaar gelede met die trauma van misdaad.
Maar ek het verkies om gelukkig en vry te wees. Geluk en empatie gaan ‘n lang pad as mense net wil probeer om mekaar met die nodige liefde en empatie te behandel.
Hierdie woorde in die prentjie sal vir altyd by my wees. Ek het dit gehoor met Nightbirde se oudisie in America’s Got Talent. Haar oudisie was roerend gewees maar haar wysheid, haar positiewe uitkyk op die lewe en haar geaardheid sal by my bly, ten spyte van waardeur sy was.
Wees gelukkig nou. Moenie wag nie. Die lewe is te kort om ongelukkig, hard en bitter te wees. Leef jou lewe te volle. Lewe vir die nou. Die res sal homself uitsorteer.