Dit is ek presies ses jaar gelede in 2016 toe ek een van die bruidsmeisies was by 'n troue. Dit was ook die laaste keer dat ek ooit gesien was in 'n rok. Almal het gesê ek het mooi gelyk. Dit was 'n baie klein opoffering wat ek moes maak om iemand spesiaal te ondersteun.
Ek was beslis nie myself daardie dag nie. Na baie jare is ek nie daaraan gewoond om 'n rok te dra nie en sal ook nie wees nie. Ek het ook amper 'n "Jennifer Lawrence" gedoen en amper geval net so voor die kansel. Met genade is ek daardie vernedering gespaar. Ek moet ook erken dat na die troue en ontvangs was ek heeltemal uitgeput. Die voorbereiding soos die hare, grimering, die rok, en als dit wat vooraf plaasgevind het, het nogals 'n tol op my geëis. Ek het by die huis my PJ's aangetrek, my grimering verwyder en sommer dadelik in die bed geklim. Ek was absoluut uitegput. Dit is waar wat meeste celebs sê. Als is nie altyd so glamourous soos wat jy op TV en in tydskrifte sien nie. Dit was 'n lekker dag, maar ek verwag nie weer van myself om weer 'n rok te dra nie. Want dit is nie wie ek is as mens nie. Ek het myself voorgeneem om nooit weer eintlik 'n rok en hoë hak skoene te dra nie. Almal het 'n eie persoonlike smaak wat hulle volg. En dit uitdra sodat hulle hulsef kan wees. |
Soms het jy net daardie boek wat by jou by bly en dit is een van daardie boeke. Ek het hierdie boek gekoop in 2009 en die storie het my laat regop sit en een ding laat besef het. Ons almal is weerloos. Nineteen Minutes is 'n storie wat by jou sal bly lank nadat jy dit gelees het.
Hierdie foto is geneem op 11 Januarie vanjaar toe ek 'n besoek aan Seepunt gemaak het. Dit was die laaste dag van my vakansie en wat gewoonlik vir my 'n baie hartseer dag is omdat die vakansie verby is en die realiteite van werk en uitdagings by my opkom, was hierdie dag besonders rustig gewees. Vir die eerste keer in 'n baie lang tyd kon ek die wêreld in die oë staar sonder om te voel asof dit besig was om my onder te kry.
Ek het vir 'n tyd lank op een van die banke gesit en die golwe van die see dopgehou en op hierdie manier my kop skoongekry van al die negatiwiteit van die vorige jaar. Dit is iets wat nog nooit gebeur het nie.
Ek het vir 'n tyd lank op een van die banke gesit en die golwe van die see dopgehou en op hierdie manier my kop skoongekry van al die negatiwiteit van die vorige jaar. Dit is iets wat nog nooit gebeur het nie.